Description

Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water … ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is. Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorg-woonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite.

Benewens al die ontspanningsfasiliteite op die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing. Met moderne fasiliteite vir 400 mense kan ATKV-Natalia konferensies en selfs skoolgroepe huisves. Semifinalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie vir woonwa- en kampeerplekke.

Wedding Accommodation & Guest Houses Wedding Venue

Contact Owner

Address

Our Address:

35 Elizabeth Ave, Kingsburgh, 4126