Wedding Flower

Description of Wedding Flower Spupplier

Elite Flowers CC het in 2000 sy deure ge-open hoofsaaklik as groothandelaar. Aangesien ons al hoe meer versoeke vir troues en handruikers gekry het , lewer ons nou ‘n volledige diens vir troublomme. Blomme kan by ons bestel word vir die geleentheid, as die bruid verkies dat hulle eie mense die rangskikkings maak. Ons koop 3 keer per week vars blomme in Johannesburg op die veiling. Ons doen egter ook self ruikers vir tafels, bruidstafel, strooimeisie, blommemeisie,  en bruidswerk. Ons doen ook  die aflewering en opstelling van die blomme by die onthaallokaal.  Ons hanteer nie self die décor nie, maar het betroubare verwysings, t.o.v. kerse, breekware en draperings.

U kan ons kontak vir ‘n gesprek/konsultasie. Ons sien slegs bruide per afspraak, sodat ons tyd kan spandeer met die bruid en die behoeftes kan bepaal en bespreek. Ons kontaknommers is: Telefonies: 012 331 8308 (Maandae – Vrydae 8h30-17h00) en Saterdae tot 13h00.) e-pos: nico@eliteflower.co.za.

Jammer, ons doen geen telefoniese kwotasies nie. Ons e-pos die kwotasie, nadat die blomme met die bruid bespreek is.

Flowers

Contact Owner