Wedding Photography

Description of Wedding Photography

Vanjaar toe ek agter die wasige bruidsluier van elke hoek gekiek is… het ek besef die weerloosheid van ‘n bruid. Om afgeneem te word is nie natuurlik nie, want jy moet staat maak op ander oë om jou op jou mooiste vas te vang. Nou kyk ek na nog groter deurnis na my bruide en maak ek doodseker dat hulle elke oomblik op hulle mooiste lyk. Dit is vir my ‘n vervullende taak om hulle lippe heeldag rooi te maak, te poeier waar nodig, en hulle hare reg te trek en dan deur my kameralens die heel mooiste oomblike te verewig. Besluit op ‘n fotograaf met wie jy ‘n gemaklike verhouding het, wie jy vertrou en weet dat jy op jou troudag vir haar die heel mooiste bruid is. Jou fotograaf moet vir die dag jou heel beste vriendin wees wat saam jou elke sprankel oomblik vasvang, sodat jy in jare kan terug blaai in jou trou-album en sê “Dit was so mooi.”

Photography

Contact Owner

Address

Our Address:

237 Silver Oak Waterkloofridge