Hare vir die troue: die kroon op jou kop

Geskryf deur Gary Rom Hairdressing – Shaazia Fareed

Vanselfsprekend wil elke vrou graag die beste op haar troudag hê. Dit klink dalk nie te moeilik om die volmaakte haarstyl vir jou troudag uit te kies nie, ’n styl wat by jou pragtige trourok gaan pas, maar dit maak ’n geweldige verskil aan die geheelbeeld en verdien versigtige oorweging. Die meeste bruide sal ’n professionele stilis hê om hulle hare op hulle troudag te stileer. Dit is egter ’n goeie plan om nog ’n afspraak vooraf te reël, want dit sal moontlike spanning op jou groot dag voorkom. Dan kan julle ’n paar verskillende style uittoets om te sien wat werk die beste en sodoende ’n moontlike ramp op die troudag self voorkom. Om die beste styl vir jou troue uit te kies, kan senutergend wees. Nie net moet die haarstyl wat jy kies jou op jou gemak laat voel nie, maar dit moet ook jou trourok, sluier en bykomstighede goed aanvul.

Hier volg ’n paar wenke vir die keuse van die heel beste haarstyl vir jou troudag.

  • Kyk na die styl van die trourok

Jou haarstyl behoort by die formaliteit en styl van jou rok te pas. Die professionele stilis kan raad gee oor wat die beste by die trourok pas. As jy byvoorbeeld ’n glansryke aandrok gekies het, sal gladde, gestruktureerde golwing en blink bykomstighede goed daarby pas.

 

  • Besluit oor jou belangrikste bykomstighede

Gaan jy ’n sluier dra? Hoe lank gaan jy dit dra en hoe moet dit vasgeheg word?

Gaan jy ’n tiara of ’n moderne blink haarband dra? Het jou rok ’n besonderse versiering wat jy graag in jou hare weerspieël wil hê?

Jou antwoorde op hierdie vrae sal die stilis help om ’n voorkoms te skep wat troubykomstighede insluit en jou gesigstruktuur sal pas en komplimenteer.

 

  • Hoe lank moet jou haarstyl hou?

Gaan jy die hele aand lank dans of gaan jy rustiger met jou gaste verkeer?

 

  • Beskou jou haarstyl as deel van die geheelbeeld

Jou haarstyl is nie ’n afsonderlike element op jou troudag nie; dit behoort perfek by die res van jou uitrusting te pas.

 

Oorweeg dit om jou stilis vir die volle dag te bespreek, veral as jy van uitrusting gaan verwissel. Dit gaan waarskynlik nodig wees om jou haarstyl op te knap. Hou ook ’n klein haarsproei, haarpennetjies en ’n borsel byderhand as broodnodige rugsteun.