Smitsfield Venue Resepte

Spinasie-mozzarella-en-kersietamatie-eiergereg met ’n hoë proteïne-inhoud

Bestanddele

2 groot eiers

5 eierwitte

1 klein rooi ui, gekap

250 ml gekapte jongspinasie

80 g gerasperde mozzarellakaas

100 g gekapte kersietamaties

30 g basiliekruidpesto

10 ml olyfolie

1 knippie sout

1 knippie swart peper

Metode

  • Skei 5 eiers en klits die wit liggies in ’n mengbak.
  • Meng al die bestanddele behalwe die kaas in ’n groot pan.
  • Bak op die stoofplaat tot amper gaar.
  • Strooi mozzarellakaas oor en plaas die pan vir 10 minute onder die oondrooster totdat die kaas gesmelt het.

Gekapte hawermout en chiasaad

Bestanddele

60 g gekapte hawermout, oornag geweek

30 g chiasaad, oornag geweek

100 ml water

10 g grondboontjie- of neutbotter

120 ml amandelmelk

1 groot piesang

30 ml vars bloubessies

20 ml esdoringstroop

10 ml kaneel

Metode

  • Week hawermout en chiasaad oornag in warm water.
  • Voeg grondboontjiebotter, amandelmelk en esdoringstroop by die hawermout-en-chia-mengsel en verhit (mikrogolf of stoofplaat).
  • Sny piesangskyfies in die warm mengsel en strooi kaneel oor.
  • Geniet saam met geurige chia- of matchatee.

Franse roosterbrood met spek en emmentalerkaas, met ciabatta gemaak

Bestanddele

12 ciabattasnye (een brood)

4 eiers

125 ml melk

6 stroke rugspek

6 snye emmentalerkaas

Roketblare

30 ml esdoringstroop/ heuning

Metode

  • Klits eiers en melk saam.
  • Week ciabattasnye in die eiermengsel.
  • Braai eers die stroke spek en daarna die geweekte ciabattasnye aan weerskante.
  • Pak spek, kaas en roketblare tussen die snye brood en giet esdoringstroop of heuning bo-oor.
  • Geur met sout en peper na smaak.

Piesangplaatkoekies gemaak met 3 bestanddele

Bestanddele

1 groot piesang

1 groot eier

30 ml meel/ fyn hawermout/ proteïnepoeier

15 ml heuning

Metode

  • Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker.
  • Verhit ’n klein bietjie olie in ’n braaipan en drup die deeg daarin om klein plaatkoekies te vorm.
  • Plaas bessies, geklopte room en heuning bo-op.

Pitabrood met salm, avokado, maaskaas en kappertjiesaad

Bestanddele

100 g gerookte salm

2 volgraanpitas

125 ml laevetmaaskaas

1 mediumgrootte avokado

30 g roketblare

45 ml kappertjiesaad

Metode

  • Verhit pitas effens om dit sag te maak.
  • Smeer die maaskaas binne-in die pitas.
  • Vul die pitas met die salm, avokado en roketblare.
  • Geur met kappertjiesaad, olyfolie, sout en peper.

Bobotie vir vegans

Bestanddele

250 ml bruin lensies

1 blikkie (440 g) rooi nierboontjies

1 blikkie (440 g) cannellini-boontjies

200 g botterskorsie in blokkies gesny

1 ui, gekap

5 g knoffel

50 ml olyfolie

10 ml kerriepoeier

10 ml swart peper

5 g vars gemmer, gerasper

5 g borrie

1 kaneelstokkie

10 ml Ina Paarman-vleisekstrak

100 ml water

2 Granny Smith-appels

½ suurlemoen se skil

½ suurlemoen se sap

50 g blatjang

250 ml klapperroom

Garnering

25 g  amandelvlokkies

4 lourierblare

Metode

  • Voorverhit oond tot by 180 °C.
  • Verbruin die lensies, boontjies en botterskorsieblokkies in olyfolie vir ’n paar minute oor lae hitte.
  • Voeg die ui, knoffel, kerriepoeier, swart peper, gemmer, borrie en kaneel by die lensies, gevolg deur die vleisekstrak.
  • Voeg die wit brood, gerasperde appel, suurlemoenskil en -sap, wyn en blatjang by die lensiemengsel.
  • Plaas die lensiemengsel in ’n bakskottel.
  • Giet die klapperroom oor die lensies.
  • Bak vir 1 uur in die voorverhitte oond.

Romerige hoenderpastei opgedien met slaai

Bestanddele

Hoender

1,2 kg heel hoender

1 blokkie hoenderekstrak

1 l water

Witsous

15 g botter

15 ml koekmeel

200 ml koue melk

5 ml sout

7 ml swart peper

170 ml room

180 ml vars hoenderekstrak (water waarin die hoender gekook is)

40 ml bruin suiker

30 ml sojasous

25 ml worcestersous

100 g grasuie

8 ml vars gemmer, gerasper

10 ml knoffel

200 g sampioene

½ groen soetrissie

15 ml wit uiesoppoeier

1 rol skilferdeeg

Metode

  • Kook heel hoender en hou agterna die water vir hoenderekstrak.
  • Ontbeen hoender en pluis die vleis.
  • Kap die hoendervel fyn en braai; voeg by die vleis.
  • Maak die witsous en voeg die hoendervleis by.
  • Verhit al die bestanddele tot by kookpunt.
  • Plaas in ’n oondskottel.
  • Bedek met skiferkorsdeeg en verf met melk-en-eier-mengsel.
  • Bak in die oond teen 180 °C totdat die kors bruin en gaar is.

Penne-pasta met geroosterde kersietamaties, feta en basiliekruid

Bestanddele

500 g kersietamaties

80 g feta

250 ml penne-pasta (droog afgemeet)

30 g basiliekruidpesto

30 g basiliekruidblare

60 ml olyfolie

Sout en peper

Metode

  • Voorverhit oond tot by 180 °C.
  • Plaas kersietamaties, fetakaas, olyfolie, basiliekruidpesto, sout en peper in ’n bakskottel.
  • Rooster tot ligbruin, 20-25 minute.
  • Druk die geroosterde tamatiemengsel fyn en meng goed.
  • Voeg die gaar penne-pasta by en strooi basiliekruidblare, sout en peper oor.

Maalvleis-en-groente-herderspastei met kapokpatats

Bestanddele

500 g maer beesmaalvleis

1 ui, gekap

10 ml olyfolie

500 g patats, gekook en fyngedruk

200 g wortels

120 g groenboontjies

50 g jongspinasie, gekap

150 g zucchini, gekap

100 mediumvet-mozzarella

400 g (1 blikkie) tamatie-en-uie-mengsel (meng met 250 ml warm water)

40 g herderspasteimengsel

30 ml tamatiesous

Metode

  • Braai uie in ‘n diep braaipan.
  • Voeg maalvleis by en maak gaar.
  • Kap al die groente en voeg by maalvleis saam met al die vloeistowwe. Bedek en laat dit vir 20 minute oor lae hitte prut.
  • Plaas die vleis-en-groente-mengsel in ’n oondskottel, bedek met kapokpatats en strooi gerasperde mozzarella bo-oor.
  • Bak vir 10 minute teen 180 °
  • Dien warm op met slaai daarby.

Vegan botterhoender met jasmynrys

Bestanddele

375 ml gekapte ui

230 g kersietamaties

2 blikkies kekerertjies

1 blikkie heel, geskilde tamaties

20 ml borrie

20 ml paprika

30 ml kerriepoeier (botterhoenderspeserye)

750 ml klappermelk

125 ml tamatiepasta

125 ml gladde grondboontjiebotter

30 ml tamari

500 ml jasmynrys

Metode

  • Braai uie vir 1-2 minute in ’n kleefvrye braaipan.
  • Voeg kersietamaties by en roer vir nog 2 minute, totdat die tamaties effens droogkook.
  • Voeg kekerertjies, blikkie tamaties, borrie, paprika en kerriepoeier by. Roer vir 2 minute om deur te meng en die geur van die speserye te ontsluit.
  • Voeg klappermelk, tamatiepasta en grondboontjiebotter by. Prut vir 7-8 minute op matige hitte en roer gereeld. Voeg meer klappermelk by as dit te dik of te droog raak.
  • Roer die tamari heel laaste by, skep oor ’n bak jasmynrys en dien dadelik op.

Beesstert met rooiwyn en stampmielies

Bestanddele

25 ml olyfolie

1,5 kg beesstert, in litte gesny

1 ½ uie

10 ml vars knoffel

100 ml rooiwyn

15 ml swart peper

50 g tamatiepasta

5 ml beesvleisekstrakpoeier

500 ml kookwater

10 ml vars suurlemoensap

100 ml droë appelkose/ perskes

50 ml blatjang

200 g sampioene

10 ml tiemie

1 aartappel

1 wortel

Metode

  • Braai beesstert bruin in ’n pot met olyfolie.
  • Voeg gekapte uie, knoffel, rooiwyn, swart peper en tamatiepasta by en laat vir 4 ure stadig kook.
  • Voeg die beesvleisekstrak en suurlemoensap by en prut vir nog 4 ure.
  • Voeg die droë appelkose/ perskes, blatjang en sampioene by die saggekookte vleis, asook die tiemie, aartappel en wortel.
  • Kook vir nog ’n uur totdat die aartappel en wortel sag is.

Dien warm op met stampmielies.

Stampmielies

Bestanddele

500 g stampmielies

24 ml sout

2 l water

100 g botter

Metode

  • Week die stampmielies oornag in die 2 l water.
  • Verhit die geweekte stampmielies en kook stadig vir 2-3 ure. Moenie dit laat aanbrand nie.
  • Voeg die botter by net voor jy opskep.

Melkkos

Bestanddele

1,2 l melk

1 kaneelstokkie

15 ml fyn kaneel

20 ml sago

4,5 ml sout

125 ml koekmeel

60 ml water

30 ml botter

80 ml suiker

Metode

  • Week die sago vooraf vir 20 minute.
  • Verhit die melk, botter en kaneelstokkie in ’n pot oor matige hitte tot by kookpunt.
  • Maak ’n pasta met 125 ml meel, 2,5 ml sout en 60 ml water, voeg stadig by die melkmengsel en roer gedurig.
  • Roer totdat die mengsel kook en voeg die geweekte sago by.
  • Strooi 80 ml suiker en 15 ml kaneel bo-oor.

Vegan-kaaskoek

Bestanddele

500 ml klappermelk

125 ml klapperolie

125 ml rou amandels

375 ml rou kasjoeneute

125 ml bloubessies

125 ml rou pistachioneute

250 ml medjool-dadels, ontpit

30 ml vars suurlemoensap

125 ml esdoringstroop

1 knippie seesout

10 ml vanieljegeursel

Metode

Basis

  • Maal ontpitte dadels, rou amandels, klapperolie en ’n knippie sout in ’n voedselversapper.
  • Druk die mengsel styf vas op die bodem van 4 klein veerbakpannetjies.

Vulsel

  • Week kasjoeneute vir 30 minute in warm water.
  • Dreineer en maal sagte kasjoeneute, klappermelk, esdoringstroop, suurlemoensap en vanieljegeursel in ’n voedselversapper totdat dit glad is.
  • Halveer die mengsel en skep een helfte van die romerige vulsel as eerste laag in die veerbakpannetjies.
  • Verdeel weer die mengsel en voeg bloubessies by die een helfte vir ’n pers vulsel. Maal in die versapper totdat dit glad is.
  • Vir ’n pastelgroen vulsel, voeg geweekte pistachio’s by die ander helfte en maal totdat dit glad is.
  • Skep gekleurde vulsels as bolae in die pannetjies en plaas vir 1 uur in die vrieskas.
  • Verwyder veerbakpannetjies se kante, bedek met vars bessies en neute saam met 5 ml esdoringstroop.
  • Laat effens ontdooi en dien koud op.

Sjokolademousse met Lindt se haselneutgeur

Bestanddele

250 ml vars room

100 g Lindt se donker haselneutsjokolade

4 eiergele

50 ml sterk swart koffie

25 ml suiker

4 eierwitte

15 ml suiker

Metode

  • Klop room en plaas in die yskas.
  • Smelt sjokolade in ’n dubbelkoker en haal van die hitte af as dit amper heeltemal gesmelt is.
  • Plaas ’n glasbak oor warm water en klits eiergele, koffie en suiker totdat dit in volume verdubbel het.
  • Klits eierwitte en suiker totdat dit sagte punte maak.
  • Vou in by die sjokolade en eiergele.
  • Versier die mousse met die geklopte room.
Notice: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/weddiny/wp-content/plugins/ds-suit/includes/modules/MasonryGallery/MasonryGallery.php on line 447