Shoes

Photo by: One Fine Day

Bruidsgids timeline Step 18

The key to the perfect shoes

Written by: Sulandi Labuschagne, Anella Wedding Shoes

“Skoene transformeer jou liggaamstaal en houding. Hulle lig jou fisies en emosioneel op.” − Christian Louboutin 

As bruid wil jy op jou troudag van binne en buite straal. Jy wil grasieus in die paadjie af sweef tot voor die kansel, dans soos ‘n diva en sjarmant tussen jou gaste rondbeweeg. Jy wil ontspanne en gemaklik genoeg wees om teenwoordig te wees, die dag in te neem en elke oomblik te geniet. In jou eie tyd, in jou eie styl. 

Jou trouskoene kan soos asem wees − noodsaaklik, en tog skaars opgemerk wanneer alles goed gaan. Maar, o wee! dit word ‘n groot probleem as dit knyp, skaaf, skuur of ongemaklik is. As ‘n pragtige prinsesbruid bring jy waarskynlik tussen agt en vyftien uur op jou voete deur. Dit kan voel soos ‘n somersbriesie in die regte skoene of ‘n orkaan in die verkeerdes.    

Hier volg ‘n paar topwenke vir jou, om die regte keuse te maak om alles in jou perfekte paar skoene te kry: styl, elegansie, kwaliteit en gemak. 

  • Jy gaan jou skoene nodig hê vir jou rokpassing. Begin dus vroegtydig soek – jou skoene is ‘n wesenlike deel van jou uitrusting en om die rok en skoene saam aan te pas, is die eerste prys. Die soom van jou rok word volgens die hoogte van jou hakke bepaal. Vermy dus só duur en tydrowende verstellings op ‘n  latere stadium.
  • As jy jou hakstyl en -hoogte kies, is dit belangrik om te dink aan hoe lank jy en jou maat is, hoe julle langs mekaar lyk en hoe jou keuse van hakke dit gaan beïnvloed.
  • As jy twee verskillende pare skoene wil hê  − hoë hakke as deel van die seremonie en laer hakke vir die res van die dag − moet jy dit met jou kleremaker bespreek en daarvolgens beplan.
  • Dit is ‘n goeie idee om jou voete vertroud te maak met jou skoene voor die groot dag. Begin eers met ‘n uur of twee. Dra dit rondom die huis om hulle ongerep te hou, maar dra hulle om te verseker dat jy gemaklik sal wees.
  • Dink prakties. Dis maklik om dit mis te kyk, maar dit is belangrik om te let op watter soort lokaal/oppervlak jy die skoene gekies het. As julle seremonie in die buitelug, op sand of gras is, sal ‘n stewiger hak, wighak of katjiehakkie ‘n beter opsie wees. As jy op stewiger oppervlakke beweeg, het jy ‘n wyer keuse tot jou beskikking. Dalk wil jy ‘n oop toon vir ‘n buitetroue of ‘n toe toon vir ‘n binnenshuise troue oorweeg. 
  • Gaan die dag se gebeure in jou gedagtes deur. Verbeel jou wat jy gaan doen, waar jy aankom, waar die seremonie is, dink aan vertrekke en toegangsweë, paadjies en aanlope, die dansvloer. Kies skoene wat jou deurgaans sal ondersteun.
  • Moenie net aanneem dat ‘n lae hakkie of plat skoentjies gemakliker sal wees nie. Dit help baie as die skoene met liefde gemaak is wat jou en jou spesiale behoeftes in gedagte gehou het. Kies ‘n verskaffer wat hierin spesialiseer.
  • Wees jouself. Laat jou skoene jou persoonlike styl ten toon stel. Speel met kleur, materiaal en styl of bykomstighede sodat jou skoene jou unieke persoonlikheid weerspieël. 

Die belangrikste van alles is dat jy gemaklik sal wees in jou keuse. Jou skoene dra jou immers deur een van die mooiste dae in jou lewe.

Next up we have

Bridesmaid Dresses

Click here for STEP 19 of 40

Return to Step 17

Photo by: Anne Grace Photography