Step 21

Accessories

Photo by: Nicole Moore Photography

Bruidsgids timeline Step 21

Diamonds are a girls best friend

Written by Romanelli 

Menige bruid wy ure aan die trourok wat sy op haar groot dag gaan dra, maar nie veel tyd aan die juweliersware wat sy saam met die gaan rok dra nie. Op al jou troufoto’s gaan jou juweliersware net so baie aandag kry as jou hare en jou rok. Dit is dus die moeite werd om ’n bietjie daaraan te dink.

Ons kan ’n boek so dik soos die Bybel skryf oor wat jy in gedagte moet hou op jou troudag. Kies tydlose stukke waaroor jy nie oor 20 jaar gaan skaam wees nie. Kies ook juwele wat jy bedags en saans ewe gemaklik kan dra. Vandag fokus ons spesifiek op watter stukke by watter rokstyle pas. Hier is ’n paar voorstelle wat ons weet werk en wat nou in die mode is.

Hartvormig (sweetheart)

Hartvormige halslyne is tans van die gewildste roksnitte en dit is gepas om hiermee te begin. Hierdie rokke word meestal gedra met stelletjies waarvan die halssnoer en oorbelle bymekaar pas.  

Asimmetries

In die laaste paar jaar sien ons baie meer asimmetriese rokke as voorheen. Baie van hierdie rokke se halslyne is hoog. ’n Mens wil dus nie die aandag van só ’n hals aftrek met ’n halssnoer nie. Lang, draperende oorbelle werk pragtig by hierdie snit. Diamantarmbande lyk ook baie mooi op die arm wat oop is. 

Halternek

Halternek-trourokke is oor die algemeen op sigself baie sierlik. Baie van hierdie rokke het ’n oop rug waarop ’n enkelstring pêrels of selfs ’n fyn hangertjie baie mooi lyk. Ons sien toenemend by Europese bruidsrokke dat die pêrels aan die rok self vasgewerk word sodat hulle nie die bruid van voor verwurg nie. Hierdie rokke is ook treffend sonder ’n halssnoer, met dramatiese kandelaaroorbelle.

Reguit en boothals 

By sulke strak, eenvoudige snitte werk korter halssnoere baie mooi, veral as dit gekombineer word met fyn hang-oorbelle. Ons stel ’n kant-strophalssnoer voor of ’n kort string pêrels wat dieselfde kleur as jou rok is. 

Van die skouers af

By hierdie snit kan ’n mens dramatieser snoere dra wat die aandag op die vorm van die rok se hals vestig. Hierdie snit is gemaak om ’n meisie se sleutelbene te beklemtoon. Die styl word ook decolleté genoem en kan so dramaties wees as waarmee jy gemaklik is. Die halssnoere kan ook in grootte wissel. Ons begin deesdae meisies sien met halssnoere wat tot oor hulle skouers drapeer.

Die V-hals 

Fyn, lang kettinkies wat van kort na lank gedrapeer is, pas baie goed by ’n rok met ’n V-hals. Drie of vyf stringe pêrels is baie elegant en is tydloos. Hierdie kombinasie is wonderlik om ’n mens lank en slank te laat voorkom.

Ons glo dié wenke sal jou help om die regte juweliersware te kry vir jou, om die trefkrag van jou rok te beklemtoon.

Next up we have

The Groom

Click here for STEP 22 of 40

Return to Step 20

Photo by: Anne Grace Photography

 

Notice: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/weddiny/wp-content/plugins/ds-suit/includes/modules/MasonryGallery/MasonryGallery.php on line 447