Akoestiek
General Information

Akoestiek is ‘n bruilofsduo uit die hartjie van Centurion in Pretoria uit, wat dit geniet om bruilofsfeeste met akoestiese verwerkings & oorspronklike musiek in te kleur & om ‘n gepaste atmosfeer te skep om die fokus op die mooi van die huwelik te vestig.

‘Ons is lief daarvoor om oorspronklike en bekende wysies in akoestiese weergawes te omskep. Ons sing liefdespsalms – van dié soort wat jou ‘n knop in die keel gee, tot dié wat jou voete laat jeuk om te skoffel.’

Werner & Rozanne Kahts het mekaar jare gelede in die kerk-orkes ontmoet, saam musiek begin maak & sedertdien nog nie opgehou om die pad saam te bly stap nie. Hulle is in 2012 getroud & het die voorreg dat ‘n pragtige amper 3 jarige dogtertjie, hulle Pappa & Mamma noem. Alhoewel beide van hulle heeltemal ander rigtings gaan studeer het, maak hulle graag saam musiek as Akoestiek, Ruth Music SA & is die eienaars van ‘Good Morning Sweet Songbird’ ‘n klank-opname studio, met die hart om die gemeenskap deur musiek te bedien & jong musikante asook onafhanklike kunstenaars, soos hulself, ‘n plekkie te bied waar hulle hulself kan uitleef en kan behoort. Werner staan die rol as musiekvervaardiger vol terwyl Rozanne lief daarvoor is om musiek te komponeer en te skryf.

 Akoestiek bied akoestiese musiek wat spesiaal vir troues, tydens die Seremonie & Canapés uitgeknip is. Vir meer inligting oor hulle speellys, musiek en videos, loer gerus na hulle webtuiste by https://www.akoestiek.co.za/.

Get a Quote
Contact Details

• Contact number: 079 521 0473
• Address: Centurion, Pretoria
• Website: www.akoestiek.co.za