Castle de Wildt
General Information

‘n Atmosfeer van tydlose koninklike elegansie …

Castle de Wildt is een van die mees unieke en asemrowende funksie-bestemmings in Suid-Afrika. Dié uitmuntende kuierplek is immer-gewild vir luukse geleenthede soos korporatiewe funksies, sprokiesagtige troues, uitstallings en konferensies.

Die pragtige meublement van Castle de Wildt straal ‘n atmosfeer uit van tydlose elegansie en herinner besoekers aan ‘n era van koninklike rykdomme. Die skouspelagtige, ingevoerde Europees Middeleeuse-dekor is slim vermeng met ‘n eklektiese mengsel van antieke, hand-geselekteerde skatte en ander pragtige versierings wat die asem wegslaan.

Elke ontwerp-element, vanaf die pragtige fonteine, bosse spierwit Iceberg-rose en die vele sublieme bykomstighede wat die binneruim prikkel, het inspirasie verkry uit die kultuur-ryke erfenis van die  koninklike kastele deur die eeue heen. Die interieur is aangevul met swaar vergulde spieëls en ‘n pragtige versameling van natuur-skilderye deur die plaaslike kunstenaar Leonè Louw.

Castle de Wildt kan met gemak sowat 24 tot 1 500 gaste akkommodeer.

Get a Quote
Contact Details

• Contact number: 079 888 5442

• Website: www.castledewildt.co.za