
General Information
CVH Ingelyf is ‘n boetiek regsfirma gestig op 1 Maart 2011 en geleë te Garsfontein, Pretoria. Ons spesialiseer in hoofsaaklik familiereg, welke onder andere behels voor- en na-huwelikse kontrakte. Die firma word gelei deur Chantel van Heerden, ‘n ervare prokureur, notaris en aktevervaardiger met meer as 16 jaar ervaring.
Huweliksvoorwaardekontrak:
So, julle het die datum en lokaal gekies, en kan amper die trouklokkies hoor lui. ‘n Uiters belangrike aspek wat moontlik deur die krake geglip het, is julle huweliksvoorwaardekontrak (“hvk”). ‘n Hvk is ‘n bindende ooreenkoms waarby voornemende eggenote met mekaar ooreenkom rakende die huweliksbedeling wat hulle huwelik sal reguleer. Dié ooreenkoms word genotariseer deur ‘n notaris en word dan geregistreer in die aktekantoor. By CVH Ingelyf verseker ons persoonlike aandag aan elke paartjie met professionele advies om hulle instaat te stel om die beste besluit te neem vir hulle betrokke omstandighede. Ons waarborg ‘n omkeertyd van 24uur en bekostigbare fooie.
Na-huwelikse kontrak:
Die troue is afgehandel en julle besef julle het na gelaat om ‘n notaris te kontak vir bystand met ‘n hvk, of julle omstandighede het so verander dat julle verlang om julle huweliksbedeling te wysig. Ons is hier vir bystand in hierdie geval. Die proses is kortliks om ‘n aansoek te bring in die Hoogeregshof waarin die partye die hof versoek om hulle toe te laat om ‘n na huwelikse kontrak te registreer. Die partye se teenwoordigheid in die hof word nie vereis nie aangesien die betrokke regsverteenwoordiger al die nodige stappe namens julle sal verrig.
Kontak ons vandag om julle “GELUKKIGE EINDE”, een met gemoedsrus te maak.
Get a Quote
Contact Details
• Contact number: 012 993 5907
• Email Address: info@cvhattorneys.co.za
• Website: www.cvhattorneys.co.za