Lugkasteel Fotografie
General Information

Lugkasteel Fotografie se slagspreuk is: “Maak jou sprokiesdrome waar. As jy ‘n fotograaf vir jou troue benodig, is Hettie du Plessis beslis die een om te kontak. Lugkasteel Fotografie vier ‘n baie groot mylpaal in 2021 – Tien jaar in die bedryf! Hettie du Plessis het op 8 Januarie 2011 haar heel eerste troue afgeneem en besef dit is haar absolute passie.

“Dit is regtig vir my kosbaar om deel te kan wees van die groot oomblikke in mense se lewens.” – Hettie du Plessis, Lugkasteel Fotografie.

Lugkasteel se troupakkette vir 2021 sluit digitale fotorame in. Maar dit wat paartjies dalk die heel meeste van Lugkasteel se pakkette waardeer, is dat die bruidspaar alle digitale foto’s dieselfde aand nog op ‘n geheuestokkie ontvang! Hettie is ‘n Kalahari-nooi en woon saam met haar man, Phillip, op ‘n plaas naby Kuruman in die Noord-Kaap. Sy reis graag om troues af te neem. Lugkasteel het selfs ‘n spesiale aanbod op die oomblik waar Hettie geen reiskoste vra vir troues in Suid-Afrika nie! Hettie het in 2013 ‘n Diploma-kursus in Troubeplanning voltooi, wat baie waardevolle kennis vir ‘n troufotograaf is. Die jare se ondervinding was natuurlik ook ‘n fantastiese leerskool. As jy Hettie as jou troufotograaf bespreek, kry jy iemand wat saam met jou droom oor jou groot dag en iemand wat dáár is vir jou as ‘n krisis sou opduik. Haar grootste wenk aan bruide is om ‘n uur vroeër te begin regmaak. As daar ‘n krisis opduik, het jy dit om dit te hanteer. As alles glad verloop, het jy ‘n ekstra uur vir foto’s (en dit kan mos glad nie skade doen nie). Hettie het Modeontwerp studeer, waar Fotografie een van haar vakke was. Met haar modeontwerp agtergrond, het Hettie al vele bruide se rokke agter ingeryg en selfs rokke se bandjies weer aangewerk.

In 2009 is sy as Kathu Fotografie Klub se Fotograaf van die Jaar aangewys en in 2013 was sy die Algehele Wenner van ATKV Kathu-tak se Fotografie Kompetisie.

Get a Quote
Contact Details

• Contact number: 076 821 9409
• Address: South Africa
• Website: hettielugkasteel.com