Mills Designs
General Information

Dis jou groot dag, die dag waarvan jy al droom vandat jy ’n klein dogtertjie was. Jy het prentjies van hoe jou rok en hare moet lyk. Jy weet watter kleur jou blomme-meisies en strooimeisies se rokke moet wees, hoe jou ma en aanstaande skoonma gaan lyk. Nou moet jy aan die detail begin dink.

Gaan jy ’n sluier dra? Moet dit lank of kort wees? Gaan dit jou gesig toemaak of nie? Sit jy blomme in jou hare, of net ’n mooi knippie? Oorbelle − klein of groot? Wat dra jy om jou nek? Al hierdie klein besonderhede was glad nie deel van jou groot prentjie nie. Waar begin jy?

Haal diep asem. Kyk dan hoe jou rok lyk. As dit ‘n halternekrok is, hoef jy nie enigiets om jou nek te dra nie. Indien dit skouerloos is, kan jy dink aan ’n kort halssnoer (choker) of ’n elegante hangertjie. Daar is geen reël wat sê jy moet iets om jou nek dra nie; besluit dalk op elegante oorbelle en geen ander juwele nie.

Diamante of kristal skep ’n koninklike prentjie. ’n Tikkie kleur kan die fokus op ’n spesifieke area plaas. Oorweeg jou geboortesteen of dalk ’n robyn of saffier. Juwele of bybehore met sentimentele waarde, soos byvoorbeeld iets van jou familie, is ook ’n goeie opsie.

Wat is die simboliek van ’n sluier? Dit bedek jou hoof soos in die Bybelse tyd om jou reinheid voor God en jou man te wys aan almal wat by die troue is. Om ’n sluier te dra of nie is jóú keuse; niemand kan dit vir jou besluit nie. Jy kan kies om ’n lang of kort sluier te dra wat met ’n knippie in jou hare gesit word of jy kan ’n kroon dra en dit daaraan vasmaak. Gewoonlik is die sluier wat jou gesig toemaak los sodat jou pa dit maklik kan afhaal wanneer hy jou aan jou bruidegom oorhandig. Indien dit nie jou eerste troue is nie of jy nie jou gesig wil toemaak nie, is dit jou keuse. Onthou dat dit jou dag is en almal wat daar gaan wees kom met ’n verwagting in hulle hart dat jy soos ’n prinses gaan lyk. Niemand weet wat jou rok se styl is of hoe jou prentjie in jou kop lyk nie.

Jy gaan pragtig lyk en soos ’n prinses voel en dit is wat op hierdie dag belangrik is.

Get a Quote
Contact Details

• Contact number: 084 810 3358

  

Notice: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/weddiny/wp-content/plugins/ds-suit/includes/modules/MasonryGallery/MasonryGallery.php on line 447