Said I Do?
General Information

Said I do? Is ‘n gespesialiseerde diens slegs vir huweliksvoorwaardekontrakte. Ons is nie beperk tot een area nie, dus vergemaklik ons die moontlikheid om bruidspare reg oor die land by te kan staan via ‘n elektroniese basis. Ons waarborg steeds persoonlike raad en advise op elke bruidspaar se eie unieke omstandighede.

Ons streef daarna om persoonlike verhoudings te bou wat puik en vinnige diens sodoende niks minder as maklik en vanselfsprekend maak nie. Dit is vir ons nie net ‘n voorreg nie maar ook ‘n eer om te weet dat ons by Said I do? ‘n rolspeler in elke bruidspaar se sprokiesverhaal is.

Ons kies om te glo dat ons nie trou om later te skei nie en daarom staan ons bankvas op ons Christelike waardes. Ons begryp dat finansieële storms ‘n werklikheid is en dat baie bruidspare, op daardie stadium al gesinne, deur hierdie storms kan gaan. Was die keuse om die nodige voorsorg te tref op ‘n huweliksvoorwaardekontrak nooit geneem nie kan dit beteken dat die gesins bootjie dalk mag sink. Aan die anderkant, indien voorsorg getref was, sou daar verseker altyd alternatiewes wees.

Ons tariewe is meer bekostigbaar, maar verseker ons U, dat ons diens van die hoogste gehalte is.

Ons bied bystand in Akfrikaans sowel as in Engels om die proses vir u te vergemaklik.

Get a Quote
Contact Details

• Contact number: 083 663 6619