The Good Hygienist – Getuigskrifte

Pasiëntgetuigskrifte

Lyné van The Good Hygienist laat ’n mens dadelik gemaklik en tuis voel by haar praktyk. Sy is baie professioneel en die bleiking wat gedoen is het wonderlike resultate.

  • James Ferreira

Lyné is vir seker die beste mondhigiënis wat ek al in jare besoek het. Sy het ’n baie verwelkomende persoonlikheid wat jou dadelik gemaklik en tuis laat voel. Die praktyk is stylvol en noukeurig uitgelê. Die tandbleikingsproses is vinnig en beslis sakpas. Ek sal haar met die grootste vrymoedigheid aanbeveel vir enigiemand, en veral ’n bruid op pad kansel toe, wat graag ’n blink, nuwe wit glimlag wil hê.

  • Danel du Plooy

Na my bleiking by The Good Hygienist  kon ek weer met selfvertroue breed glimlag. Ek is mal oor my wit tande! Die proses was pynvry na die blokkering van sensitiewe areas. Ek sal dit definitief vir enigiemand aanbeveel wat ’n helder glimlag wil hê.

  • Lize Burger