TIEN WENKE OOR TANDBLEIKING

Geskryf deur The Good Hygienist
– LYNÉ DAVEL

1. Twee tot drie weke voor jou troudag is die beste tyd om jou tande te laat bleik.

2. Vermy enige helderkleurige vloeistof of kos vir 24 uur na die bleiking.

3. Borsel met ’n desensitasietandepasta vir ten minste twee weke voor die bleiking.

4. ’n Lipstiffie met ’n blou of pers ondertoon laat jou tande witter vertoon.

5. Wanneer jy gekleurde vloeistof inneem, spoel tussendeur met water om vlekke te vermy.

6. Stopsels, krone of implantate kan nie gebleik word nie.

7. Tuisbleiking en verwittingstandepastas is wonderlik om jou nuwe wit tandkleur te onderhou (na professionele bleiking).

8. Borsel jou tong twee keer per dag om bakterieë wat aanpak, wat tande laat verkleur, te verminder.

9. Tandskoonmaaksessies, asook ’n gesonde dieet en leefstyl, help om jou glimlag natuurlik witter te laat vertoon.

10. Indien jy tandheelkundige werk benodig, laat doen dit 10 dae na die bleikprosedure.