Crazy Cow Catering Resepteboek

Heuning-granola met geposjeerde vrugte en jogurt

Granola  

  • 120 g muesli
  • 30 g pampoensade
  • 30 g sonneblomsade
  • 50 g kokosneutskaafsels
  • 200 g grofgekapte gemengde neute
  • 50 g graanvlokkies
  • 70 ml heuning
  • 50 g botter

Geposjeerde vrugte

  • 1 peer
  • 1 pruim
  • 1 appel
  • 250 ml water

250 ml ongegeurde volroomjogurt

MetodeGranola

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Meng al die bestanddele in ’n oondpan.
  • Bak tot bruin (so 40 minute) – roer elke 10 minute deur.
  • Haal uit die oond, maar roer steeds elke 10 minute deur om te voorkom dat die bestanddele aan mekaar vassit.

Vrugte

  • Ontpit die vrugte en sny in kwarte.
  • Verhit die water in ’n vlak pan met ’n deksel tot op lae hitte.
  • Sit die vrugte met hulle skil ondertoe in die pan en laat stadig prut tot dit effens sag is, maar steeds hulle vorm behou. Die verskillende soorte vrugte sal op verskillende tye reg wees; hou dit dus dop, haal dit uit soos dit sagter raak en laat dit afkoel.

Om op te dien: Plaas die vrugte bo-op die afgekoelde granola en giet die jogurt bo-oor.

Omelet gevul met spek, soetrissies en rooi uie, met kaas-en-peper-sous 

Omelet

  • 125 g gekapte spek
  • 5 ml olie
  • 70 g rooi uie – in klein blokkies gekap
  • 125 g gemengde rooi, geel en groen soetrissies – in klein blokkies gekap
  • 4 eiers
  • 50 ml melk
  • 100 g gerasperde cheddarkaas
  • Kleefwerende sproei

Kaas-en-peper-sous

  • 10 ml botter
  • 60 ml koekmeel
  • 375 ml melk
  • 1,25 ml sout
  • 50 g gerasperde cheddarkaas
  • 1,25 ml varsgemaalde swart peper

Metode

Vulsel

  • Braai die spek in ’n pan met die olie tot gaar.
  • Voeg die uie by en braai tot gaar.
  • Sodra die uie net begin deurskynend raak (nog nie heeltemal gaar nie), voeg die soetrissies by en braai tot alles gaar is.

Sous

  • Terwyl die vulsel braai, maak solank die sous.
  • Smelt die botter in ’n potjie op die stoof op lae hitte.
  • Sodra die botter gesmelt is, haal die pot van die stoof af (moenie die stoofplaat afskakel nie) en voeg die meel by − roer deeglik met ’n draadklitser om klonte te voorkom.
  • Voeg 125 ml melk by en roer deur tot glad.
  • Sit die pot weer op die stoof en laat die sous verdik.
  • Voeg nog 125 ml melk by, roer deur en laat verdik.
  • Voeg die laaste van die melk by, roer deur en laat verdik.
  • Voeg die sout, kaas en peper by en roer deur.

Omelet

  • Klits die eier en melk saam in ’n maatbeker.
  • Spuit ’n pan met kleefwerende sproei en sit op die stoof op middelmatige hitte.
  • Giet die helfte van die eiermengsel in die pan en draai die pan bietjie rond sodat die hele bodem egalig bedek word.
  • Sodra die eier gaar is (nie meer loperig nie), sprinkel die helfte van die gerasperde kaas bo-op en laat verder bak tot die kaas gesmelt het.
  • Haal uit en sit op ’n bord.
  • Giet solank die ander helfte van die eiermengsel in die pan om te begin bak.
  • Versprei die helfte van die spek-en-groente-mengsel egalig op die eier en rol die eier van een kant af in ’n rol toe.
  • Herhaal proses met die ander omelet.
  • Giet die kaassous bo-oor en dien op.

 

Eiers Benedict met gerookte salm en avokado op ciabatta

Ciabatta

  • 2 snye ciabattabrood
  • 20 ml olyfolie

Geposjeerde eiers

  • 2 liter water
  • 2 eiers
  • Papierhanddoek

Hollandaisesous

  • 2 eiergele
  • 30 ml botter
  • 125 ml melk
  • 5 ml suurlemoensap
  • Knippie sout
  • ½ klein avokado in dun snytjies gesny
  • 45 g  gerookte salm

Metode

Ciabatta

  • Skakel die oond aan op 250   ̊C om te begin verhit.

Geposjeerde eiers

  • Sit die water in ’n diep pot op die stoof om te begin kook.

Hollandaisesous

  • Terwyl die water en oond verhit, maak die hollandaisesous.
  • Smelt botter in ’n hittebestande glasbakkie in die mikrogolfoond.
  • Voeg melk en eiergele by en meng met ’n draadklitser.
  • Sit terug in die mikrogolfoond vir 15 sekondes.
  • Haal uit, voeg die sout en suurlemoensap by en meng goed deur.
  • Sit in die mikrogolfoond vir nog 2 minute, maar roer dit elke 15 sekondes om te keer dat dit skif. Dit sal vinnig verdik tot die regte tekstuur.

Ciabatta

  • Gebruik ’n kwas en smeer albei kante van die ciabatta met die olyfolie.
  • Sit in die oond en bak vir 5 minute, draai om en bak vir nog 3 minute, tot albei kante goudbruin is.
  • Haal uit en plaas op opdienborde.

Geposjeerde eiers

  • Sodra die water kook, roer dit met ’n lepel in groot, vinnige sirkels om die rand om ’n draaikolk te vorm.
  • Hou op roer en sit een eier in.
  • Kook vir 3 minute (vir sagte eiergeel).
  • Haal uit en plaas op papierhanddoek om die water op te droog.
  • Herhaal met die ander eier.

Om op te dien:

  • Pak op die ciabatta in die volgende volgorde:
  • Salmskywe
  • Avokado
  • Eiers
  • Hollandaisesous

Feta-olyf-en-tamatie-skons met kruiebotter

Kruiebotter

  • 5 ml gedroogde gemengde kruie
  • 125 ml sagte botter
  • Knippie sout

Skons

  • 1 groot eier
  • 60 ml melk
  • 30 ml olie
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 60 ml fetakaas
  • 60 ml fyngekapte Kalamata-olywe
  • 60 ml fyngekapte songedroogde tamaties
  • Kleefwerende sproei

Metode

Kruiebotter

  • Meng die kruie, sagte botter en sout en laat staan oornag sodat die gedroogde kruie sag word.

Skons

  • Voorverhit die oond tot 200   ̊C.
  • Voeg al die skonbestanddele in ’n mengbak in die volgorde waarin die bestanddele aangegee is.
  • Meng goed deur tot die deeg nie meer aan jou hande vassit nie.
  • Spuit ’n bakplaat met die kleefwerende sproei.
  • Verdeel die deeg in vier en druk plat op die bakplaat in ruwe driehoeke (so 2 cm dik).
  • Bak vir 15 minute.

Individuele souttertjies met aspersie, tiemie en Deense kaas

Kors

  • 1 pak broskorsdeeg

Vla

  • 2 eiers
  • ± 400 ml vars room

Vulsel

  • 1 blikkie gesnyde aspersies
  • 50 g Deense kaas – verkrummel
  • 5 ml vars tiemieblare

Metode
Kors

  • Voorverhit die oond tot 200   ̊C.
  • Spuit twee individuele quiche-pannetjies met ’n deursnee van so 10 cm met kleefwerende sproei.
  • Rol die broskorsdeeg dun uit, sny in sirkels en druk vas in die panne (maak seker daar steek ’n klein stukkie van die deeg bo die pan se rand uit).

Vla

  • Breek die eiers in ’n maatbeker.
  • Vul met die room tot by 500 ml.

Souttert

  • Pak die gesnyde aspersies op die bodem van die kors in elke pannetjie, met die Deense kaas bo-op.
  • Giet die vlamengsel bo-oor.
  • Bak vir 20 minute (dit sal nog bietjie loperig lyk, maar sal verstewig na dit vir ’n paar minute staan).

Taco’s met gerafelde varkvleis, romerige koolslaai en pynappel

Bestanddele 

Gerafelde varkvleis

  • 2 kg varkblad
  • 1 klein ui, in blokkies gesny
  • 1 groot tamatie, in blokkies gesny
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml gemaalde swart peper
  • 2,5 ml braaivleisspeserye
  • 2,5 ml worcestersous
  • 2,5 ml bruinsuiker
  • 2,5 ml paprikapoeier
  • 2,5 ml gemengde speserye
  • 2,5 ml fyngedrukte knoffel
  • 1,25 ml brandrissiepoeier
  • 5 ml tamatiepasta
  • 125 ml BBQ-sous

Koolslaai

  • 250 ml gesnipperde groen blaarkool
  • 250 ml gesnipperde rooi blaarkool
  • 125 ml mayonnaise (moenie soet mayonnaise gebruik nie)

Klein blokkies pynappel

4 harde taco’s

Metode

Gerafelde varkvleis

  • Plaas al die bestanddele in ’n prutpot en kook oornag (ten minste 8 ure).
  • Haal uit die pot en trek uitmekaar met twee vurke.
  • Plaas terug in die prutpot en kook tot die oortollige vog weggekook het.

Koolslaai

  • Meng al die bestanddele saam.

Om op te dien: Vul die taco’s met die gerafelde varkvleis, koolslaai en pynappelblokkies.

Bruschetta met Parmaham, vye, maaskaas en heuning

  • 6 snye Franse brood (so 1,5 cm dik)
  • 60 ml olyfolie
  • 6 snytjies parmaham
  • 4 vars vye
  • 30 ml volroommaaskaas
  • 15 ml heuning

Metode

  • Voorverhit die oond tot 250   ̊C.
  • Smeer die snye brood aan weerskante met die olyfolie.
  • Sit in die oond vir 3 minute aan elke kant (tot mooi goudbruin).
  • Sny die vye in dun skyfies (so 0,5 cm dik).
  • Sodra die bruschetta afgekoel is, pak in die volgende volgorde:
  • Bruschetta
  • Parmaham
  • Vye
  • Maaskaas
  • Heuning

Skilferkorstert met pere, Gorgonzola en pekanneute

Bestanddele

Pere

  • 500 ml water
  • 30 ml suiker
  • 2 vars pere in dik snye gesny
  • Papierhanddoek

Tert

  • 1 pak skilferkorsdeeg (ontdooi)
  • Kleefwerende sproei
  • 100 g Gorgonzolakaas
  • 50 g gehalveerde pekanneute

Metode

  • Voorverhit die oond tot 200   ̊C.
  • Berei die pere voor:
  • Bring water in ’n vlak pan tot by kookpunt op die stoof.
  • Los suiker op in die water.
  • Sit pere in en laat prut op lae hitte totdat die pere sag is, maar nie pap nie (omtrent so 5 minute).
  • Haal pere uit en sit op papierhanddoek om droog te word.

Tert

  • Ontrol die skilferkorsdeeg (moenie plat rol nie) en plaas op ’n oondpan wat met kleefwerende sproei bespuit is.
  • Pak die pere in rye op die deeg, maar hou 2 cm aan die kante oop.
  • Krummel die gorgonzola bo-oor.
  • Bak vir 15 minute.
  • Haal uit en pak die pekanneute bo-op.
  • Bak vir nog 10 minute tot gaar en goudbruin.

 Hoender-en-basiliekruid-rigatoni 

Bespanddele

  • 250 g rigatonipasta
  • 15 ml olie
  • 1 hoenderborsie in repe gesny
  • Hoenderspeserye na smaak
  • 120 g basiliekruidpesto
  • Olyfolie na smaak
  • Gerasperde parmesaankaas

Metode

Pasta

  • Kook die rigatoni soos op die pakkie aangedui.

Hoender

  • Verhit die olie in ’n vlak pan op die stoof tot baie warm.
  • Braai die hoender saam met die hoenderspeserye op die hoogste hitte, vir so 5 minute.
  • Skep uit met ’n gaatjieslepel sodat die olie in die pan agterbly.
  • Sodra die pasta gaar is, gooi die water af en meng die hoenderrepies en basiliekruidpesto daarmee.
  • Voeg olyfolie by indien dit te droog is.
  • Dien op met gerasperde parmesaankaas.

 

3-Kaas-lasagne met eiervrug en murgpampoentjies

Lasagne

  • 4 lasagnestroke
  • Bak met water

Groente

  • 12,5 ml sout
  • 2,5 ml wit asyn
  • 1 medium eiervrug
  • 4 murgpampoentjies
  • 1 liter water

Witsous

  • 10 ml botter
  • 125 ml koekmeel
  • 500 ml melk
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml fyn swart peper

Vir die lae

  • 250 g gerasperde cheddarkaas
  • 250 g gerasperde mozzarellakaas
  • 150 g verkrummelde Deense fetakaas

Metode

Berei die lasagnestroke voor:

  • Plaas die lasagnestroke in ’n bak met water (genoeg om die stroke heeltemal te bedek) om sag te word − dit sal verseker dat alles in die bak ewe lank vat om te gaar te word in die oond.
  • Maak seker dat elke lasagnestrook aan albei kante behoorlik nat is voordat jy die volgende strook in die water plaas (om die stroke dwars oor mekaar te plaas sal help dat dit nie aan mekaar vasklou nie, en ook die water beter absorbeer).
  • Kyk gereeld na die lasagnestroke om seker te maak dat dit nie aan mekaar vassit nie, en indien dit wel gebeur, trek dit liggies van mekaar af los en sit terug in die water.
  • Week vir ongeveer ’n uur of tot sag (dit kan wissel na gelang van die maak van die lasagne).

 

Berei die groente voor:

  • Tap 1 liter water in ’n bak en voeg 10 ml sout en 2,5 ml asyn by.
  • Skil die eiervrug en sny dit in skywe van so 1 cm dik.
  • Plaas die skywe in die bak water.
  • Sny die murgpampoentjies ook in skywe van so 1 cm dik en hou eenkant.
  • Voorverhit die oond tot 185 °C.

Maak die witsous:

  • Smelt die botter in ’n potjie by lae hitte op die stoof.
  • Sodra die botter gesmelt is, haal die pot van die stoof af (moenie die stoofplaat afskakel nie) en voeg die meel by − roer behoorlik met ’n draadklitser om klonte te voorkom.
  • Voeg 125 ml melk, 2,5 ml sout en 1,25 ml swart peper by, en roer deur tot glad.
  • Sit die pot weer op die stoof en laat die sous verdik.
  • Voeg nog 125 ml melk by, roer deur en laat verdik.
  • Herhaal nog twee keer totdat al 500 ml melk opgebruik is en die sous dik is.

Maak die lasagne:

  • Spuit ’n oondvaste bak van ongeveer 30 cm met kleefwerende sproei.
  • Pak die lae van die lasagne soos volg van onder na bo:
  • Eiervrugskywe (strooi sout en peper na smaak oor)
  • ⅓ van die witsous
  • ⅓ van die cheddar, mozzarella en Deense feta
  • 2 lasagnestroke
  • Nog ⅓ van die witsous
  • Gesnyde murgpampoentjies (strooi sout en peper na smaak oor)
  • ⅓ van die cheddar, mozzarella en Deense feta
  • 2 lasagnestroke
  • Die laaste ⅓ van die witsous
  • Plaas in die oond (sonder die laaste laag kaas) en bak vir 1 uur.
  • Skakel die oond af en strooi die laaste ⅓ van die cheddar, mozzarella en Deense feta bo-oor.
  • Plaas weer vir 10 minute in die oond.
  • Haal uit en laat dit vir 10 minute rus voordat dit opgedien word.

Gebraaide knoffel-en-roosmaryn-biefstuk

Aartappel

  • 2 medium aartappels
  • 10 ml olyfolie
  • Foelie
  • Sout na smaak

Biefstuk

  • 50 g gesoute botter
  • 2 knoffelhuisies
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 2 x 250 g kruisskyf
  • Sout na smaak

Chimichurri (sien resep voor in die resepteboek)

Metode

Aartappel

  • Voorverhit die oond tot by 200   ̊C.
  • Was die aartappels en prik dit met ’n vurk.
  • Smeer egalig aan die buitekant met 5 ml olyfolie.
  • Draai toe in foelie en bak in die oond vir 30 minute.

Biefstuk

  • Smelt botter in ’n pan op die stoof.
  • Hou die pan op lae hitte en voeg die knoffelhuisies en roosmaryn by sodat die geure in die botter intrek.
  • Sit die plaat op hoog en plaas die biefstuk in die pan.
  • Braai aan albei kante vir so 3 minute aan ’n kant vir  halfgaar biefstuk (vir gaarder of rouer, braai langer of korter).
  • Strooi sout aan weerskante, haal uit die pan en laat rus vir 5 minute.

Om op te dien:

  • Plaas aartappel op ’n bord en druk sodat die aartappel oopbars.
  • Drup die ander teelepel olyfolie oor.
  • Strooi sout oor.
  • Plaas die biefstuk bo-op sodat die vleis se geur in die aartappel intrek.
  • Skep chimichurri oor.

Botterkerriehoenderrollade met vinnge-gekookte jong spinasie en bruin basmatirys

Hoenderroulade

  • 75 ml droë broodkrummels
  • 5 ml marsala
  • 5 ml paprikapoeier
  • 5 ml hoenderspeserye
  • 2 hoenderborsies
  • 5 ml sout
  • 30 ml botter

Rys

  • 150 g bruin basmatirys

Botterkerriesous

  • 60 ml ongegeurde volroomjogurt
  • 7,5 ml suurlemoensap
  • 2,5 ml fyn borrie
  • 5 ml marsala
  • 1,25 ml brandrissiepoeier (kan meer byvoeg na smaak vir ’n skerper sous)
  • 2,5 ml fyn komyn
  • 7,5 ml gerasperde vars gemmer
  • 1 fyngedrukte knoffelhuisie
  • 125 ml tamatiepuree
  • 125 ml room
  • 5 ml bruinsuiker
  • 2,5 ml sout

Metode

Hoenderrollade

  • Voorverhit die oond tot 200 ̊C.
  • Meng die broodkrummels, marsala, paprika, hoenderspeserye en sout.
  • Plaas in ’n klein oondpan en bak vir 3 minute tot bros en bruin. Moet geen olie of kleefwerende sproei gebruik nie.
  • Slaan die hoenderborsie plat tot hoogstens 1 cm dik.
  • Strooi die broodkrummelmengsel op elke hoenderborsie en rol toe in kleefplastiek.
  • Kook water op die stoof en plaas die hoender met die kleefplastiek in die water.
  • Kook vir 15 minute.
  • Haal uit en laat dit afkoel.

Rys

  • Terwyl die hoender afkoel, sit die rys op die stoof om te kook soos op die pakkie aangedui.

Botterkerriesous

  • Terwyl die rys kook, maak die botterkerriesous.
  • Plaas al die bestanddele saam in ’n klein potjie en laat dit prut vir 20 minute.
  • Meng met ’n elektriese handmenger tot glad.

Hoenderrollade

  • Smelt botter in ’n pan op hoë hitte.
  • Verwyder die kleefplastiek en verbruin die hoenderrollade baie vinnig aan elke kant (die hoender is reeds gaar, dit moet net vinnig bruin word).
  • Sny die hoenderrollade in skywe van so 1 cm dik.

Vinnig-gekookte jong spinasie

  • Sodra die hoenderrollade uit die pan gehaal is, plaas dadelik die spinasie daarin, roer een keer vinnig deur en haal uit.

Om op te dien:

  • Skep die rys in ’n lang strook op ’n opskepbord.
  • Sit die vinnig-gekookte spinasie bo-op, dan die skywe hoender, en giet van die botterkerriesous bo-oor.

 

Individuele kaaskoek met soutkaramel en springmielies

Kors

  • 10 ml botter
  • 1 pakkie tennisbeskuitjies

Vulsel

  • 125 ml vars room
  • 200 g ongegeurde roomkaas
  • ½ blikkie karamel
  • 1,25 ml sout

Versiering

  • Karamelspringmielies
  • Gesoute pretzels

Metode

Kors

  • Smelt die botter.
  • Maak die tennisbeskuitjies fyn.
  • Meng met die gesmelte botter.
  • Verdeel in twee en druk dit onder in twee poedingbakkies vas.

Vulsel

  • Klits die room met ’n elektriese menger tot dit dik is.
  • Voeg die roomkaas, karamel en sout by en klits verder tot goed gemeng.
  • Skep in die twee poedingbakkies.
  • Laat staan oornag in die yskas.

Versier die kaaskoek met karamelspringmielies en pretzels.

 

 

Notice: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/weddiny/wp-content/plugins/ds-suit/includes/modules/MasonryGallery/MasonryGallery.php on line 447