Ek's Verloof Facebook Group - T's & C's
AFRIKAANS:
1. Dit is toelaatbaar om kommentaar te lewer op plasings op die Ek’s Verloof Facebook Blad onderhewig aan die termes en voorwaardes soos hierin vervat.
2. Kommentaar wat afbrekend, lasterlik of skadedraend van aard is, of wat ten doel het om vyandigheid aan te hits, is ontoelaatbaar.
3. Haatspraak en kru taalgebruik is verbode.
4. Gemorspos met aanstootlike foto’s of video’s is verbode.
5. Ek’s Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] en die administrateurs van die blad behou die reg voor om kommentaar te modereer en/of te verwyder.
6. Dubbele plasings mag verwyder word.
7. Die betrokke lid hoef nie in kennis gestel te word indien sy/haar kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering daarvan hoef ook nie verskaf te word nie.
8. Vir lede se eie veiligheid word die deel van persoonlike inligting (ID-nommer, selfoonnommer en/of adres) op die blad verbied. Indien lede met mekaar in verbinding wil tree word hulle aangeraai om privaat boodskappe aan mekaar te rig.
9. Slegs trouverwante plasings word toegelaat op die blad.
10. Alle plasings word vooraf deur Ek’s Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] goedgekeur en word geplaas by wyse van Ek’s Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] en die administrateurs van die blad se diskresie uitsluitlik.
11. Ek’s Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] het nie vaste werksure nie en daarom is daar geen waarborg verleen dat plasings binne ‘n bepaalde tyd goedgekeur sal word nie.
12. Advertensies mag slegs op Maandae geplaas word en die afsnytyd is 16:30.
13. Verskaffers se kommentaar moet relevant wees tot die plasing waarop kommentaar gelewer word. Byvoorbeeld: ‘n Fotograaf se dienste mag nie geadverteer word op ‘n plasing rakende venues nie.
14. Ek’s Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] sal nie aanspreeklik gehou word vir die vertraging of mislukking van plasings weens omstandighede buite ons beheer nie.
15. Ek’s Verloof en [Bruidsgids (Pty) Ltd.] sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade of verlies van lede deur die gebruik van die Facebook blad nie.
16. Neem kennis, indien daar 'n vakansiedag op 'n Maandag val, sal alle trouverwante advertensies die volgende werksdag aanvaar word.
17. Die verskaffer onderneem om die goeie naam en reputasie van [Bruidsgids (Pty) Ltd.] te alle tye te beskerm, deur alle dienste aan kliënte op ‘n professionele en aanvaarbare manier te lewer. Die verskaffer erken dat, deur dienste op ‘n onprofessionele en onaanvaarbare manier te lewer, [Bruidsgids (Pty) Ltd.] se reputasie skade berokken kan word as gevolg van die verskaffer se affiliasie met [Bruidsgids (Pty) Ltd.] Die partye kom hiervolgens ooreen dat [Bruidsgids (Pty) Ltd.] die reg het om die verskaffer van die groep te verwyder indien klagtes van ’n kliënt ontvang word aangaande swak diens wat deur die verskaffer gelewer is, of werk van ’n lae en onaanvaarbare gehalte. In so ’n geval sal [Bruidsgids (Pty) Ltd.] die verskaffer van toepaslike bewyse voorsien. Die verskaffer sal dan die geleentheid hê om ‘n verduideliking te bied aangaande die oorsaak van die klagte. Indien [Bruidsgids (Pty) Ltd.] bevind dat die kliënt se klagte bilik en regverdig is en dat daar meriete daarin is, en as die verskaffer nie ‘n aanvaarbare verduideliking daarvan kan gee nie, sal [Bruidsgids (Pty) Ltd.] die verskaffer met onmiddelike effek van die groep af verwyder. Verskaffers sal ook verwyder word indien hulle nie hul kontrak met [Bruidsgids (Pty) Ltd.] nakom nie, sowel as indien daar enige uitstaande betalings aan [Bruidsgids (Pty) Ltd.] is. In sodanige geval sal die verskaffer geen eise teen [Bruidsgids (Pty) Ltd.] kan instel nie. Die kliënt stel [Bruidsgids (Pty) Ltd.] dan vry van enige eise as gevolg van verliese of skade wat deur ‘n derde party gely is, as gevolg van die swak diens van die verskaffer.
18. Lede word versoek om kommentaar te rapporteer wat die bogenoemde termes en voorwaardes oortree.
LET WEL: Enigeen wat die reëls verontagsaam, sal van die blad verwyder word.
ENGLISH:
1. Comments are permitted on posts on the Ek's Verloof Facebook Page, subject to the terms and conditions contained herein.
2. Comments that are derogatory, defamatory, or harmful in nature, or that are intended to incite hostility, are not permitted.
3. Hate speech and crude language are prohibited.
4. Spam containing offensive photos or videos is prohibited.
5. Ek's Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] and the administrators of the page reserve the right to moderate and/or delete comments.
6. Duplicate posts may be removed.
7. The member involved does not need to be notified if their comment is deleted, and reasons for the deletion do not need to be provided.
8. For members' own safety, sharing personal information (ID number, cellphone number, and/or address) on the page is prohibited. If members wish to contact each other, they are advised to send private messages.
9. Only wedding-related posts are allowed on the page.
10. All posts are pre-approved by Ek's Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] and are posted at the discretion of Ek's Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] and the page administrators exclusively.
11. Ek's Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] does not have fixed working hours, and therefore, no guarantee is given that posts will be approved within a specific time.
12. Advertisements may only be posted on Mondays, with a cutoff time of 16:30.
13. Suppliers' comments must be relevant to the post on which they are commenting. For example, a photographer’s services may not be advertised on a post regarding wedding venues.
14. Ek's Verloof [Bruidsgids (Pty) Ltd.] will not be held liable for the delay or failure of posts due to circumstances beyond our control.
15. Ek's Verloof and [Bruidsgids (Pty) Ltd.] will not be held responsible for any damage or loss experienced by members through the use of the Facebook page.
16. Please note, if a public holiday falls on a Monday, all wedding-related advertisements will be accepted on the next working day.
17. The supplier undertakes to protect the good name and reputation of [Bruidsgids (Pty) Ltd.] at all times by providing all services to clients in a professional and acceptable manner. The supplier acknowledges that by delivering services in an unprofessional and unacceptable manner, [Bruidsgids (Pty) Ltd.]’s reputation may be damaged due to the supplier’s affiliation with [Bruidsgids (Pty) Ltd.]. The parties hereby agree that [Bruidsgids (Pty) Ltd.] has the right to remove the supplier from the group if complaints are received from a client regarding poor service delivered or work of a low and unacceptable quality. In such a case, [Bruidsgids (Pty) Ltd.] will provide the supplier with evidence. The supplier will then have the opportunity to explain the cause of the complaint. If [Bruidsgids (Pty) Ltd.] finds that the client’s complaint is valid and justified, and there is merit in it, and if the supplier cannot provide an acceptable explanation, [Bruidsgids (Pty) Ltd.] will immediately remove the supplier from the group. Suppliers will also be removed if they fail to comply with their contract with [Bruidsgids (Pty) Ltd.], as well as if there are any outstanding payments owed to [Bruidsgids (Pty) Ltd.]. In such a case, the supplier will not be able to make any claims against [Bruidsgids (Pty) Ltd.]. The client then releases [Bruidsgids (Pty) Ltd.] from any claims resulting from losses or damage suffered by a third party due to the poor service of the supplier.
18. Members are requested to report comments that violate the above terms and conditions.
PLEASE NOTE: Anyone who disregards the rules will be removed from the page.
