Padlangs Venue and Guest House
Listed Categories: Guest Houses, Venues
General Information
Sprokiestroue met plaasliefde!
Padlangs, geleë tussen Pretoria-Oos en Bronkhorstspruit, bied ‘n plattelandse ervaring met ‘n boere-sjiek atmosfeer vir paartjies wat op soek is na unieke plaassjarme – met die gerief van stylvolle verblyf en hartlike gasvryheid.
Met die opsie van ‘n buite- of binnenshuise kapel, ruim onthaalsaal, en ‘n pragtige buitelug-area, sal elke oomblik deur jou en jou gaste gekoester word. Ons bied ‘n alles-insluitende pakket aan, wat ondermeer klank en beligting, grimering vir die bruid en twee bruidsmeisies, ‘n drie-laag troukoek en die keuse tussen twee fotograwe insluit. ‘n Groot verskeidenheid dekor is ook ingesluit in ons pakket en kan besigtig word op die perseel.
Buiten ons Bruidsuite/Wittebroodsuite en Mannehuis, bied die plaas stylvolle verblyf aan vir tot 34 van jou naaste familie en vriende.
By Padlangs wag daar meer as net ‘n venue – dis ‘n naweek vol herhinneringe vir paartjies en hul geliefdes om vir ‘n leeftyd te onthou.
Kontak vir Loraine om jul droomtroudag ‘n werklikheid te maak op ons pragtige plaas.
Details
Contact Number: 073 762 4889
Email: ido@padlangsr25.co.za
Address: Padlangs Venue and Guest House, Farm Kleinzonderhout, R25 Bronkhorstspruit Road, Bronkhorstspruit, 1027
Province: Gauteng
Service Area: Gauteng
Website: www.padlangsr25.co.za









