Akoestiek banner

Akoestiek

Listed Categories: Music and Entertainment


General Information

Hallo, ons is Akoestiek. ‘n Getroude, Afrikaanse bruilofsduo uit die hartjie van Pretoria. Ons geniet dit om akoestiese verwerkings van bekende en oorspronklike liefdesmusiek by troues te sing wat help om die perfekte atmosfeer te skep. Ons is absoluut mal oor troues. Die huwelik is vir ons so spesiaal en dit verskaf ons groot vreugde om musiek oor die liefde te skryf en mense te inspireer om weer daarin te glo. Ons sing liefdesdeuntjies – van dié soort wat jou ‘n knop in die keel gee, tot dié wat jou voete laat jeuk om te skoffel.

Ons bied akoestiese musiek wat spesiaal vir troues, tydens die Seremonie & Canapés, uitgeknip is.


Details

Contact Number: 079 521 0473

Province: Gauteng

Service Area: Travelling

Contact this Supplier